NG Welsyn..welsynskantore...Zeerust
 
 
 

NG Welsyn Zeerust

PERSONEEL

Me Berdine Venter: maatskaplike werker
Me Christi Oosthuizen : administratiewe beampte

WAAR IN DIE WÊRELD?

Zeerust is geleë op die hoofroete tussen Pretoria en Mmabatho en naby die Botswana-grens. Dit is 'n baie bedrywige dorp as gevolg van baie verkeer wat deurry. Dit is 'n gewilde wild-jag omgewing met besonderse gasteplase waar stedelinge kom uitspan. Daar is ook die bekende Herman Charles Bosman geskiedkundige plaas waar dikwels kulturele aktiwiteite aangebied word.

KONTAKBESONDERHEDE

Straatadres : NW koöperasie gebou,
h/v Voortrekker & Presidentstraat
Posadres : Posbus 353, Zeerust. 2865
Telefoon/faks : 018 642 1312
e-pos : ngwzeerust@mweb.co.za

DIENSLEWERING

Gebiede: Buhrmansdrif (Molopo), Ottoshoop, Slurry, Zeerust, Groot-Marico, Nietverdiend.

Aard van dienste: armoede, kinderverwaarlosing en -molestering, gedragsmoeilike kinders.
Donateurs soos Kerkstraat Motors, Ottoshoop Holdings, Pick & Pay en individue uit die gemeenskap is 'n riem onder die hart vir hierdie kantoor. Hulle benodig egter vrywilligers wat hul hande sterk kan maak, en hulp sal waardeer word, veral aangesien hulle slegs twee personeellede is.


Mountain bike:


Die jaarlikse Mountain Bike Classic is 'n besonderse fondsinsamelingspoging en word in die Groot Marico-heuwels aangebied.

Christie en Berdine

Christi Oosthuizen (links) is die sekretaresse by NG Welsyn Zeerust en Berdine Venter is die maatskaplike werker by dié kantoor.


     

Webblad ontwerp:: www.coeniecalitz.com E-pos: cjcalitz@lantic.net