|
Fochville
maatskaplike dienste
PERSONEEL:
Die
maatskaplike werk-pos by die kantoor was die afgelope
tyd twee keer vir meer as 'n jaar vakant.
Die dienste is instand gehou deur die baie bekwame sekretaresse,
en uithelp deur ander kollegas.
-
Mevr Marina de Villiers : Sekretaresse
- Me Qure van Schalkwyk : Maatskaplike werker
WAAR
IN DIE WÊRELD
Fochville
is geleë tussen Potchefstroom en Carletonville op
die Johannesburg pad, ongeveer 50 km vanaf Potchefstroom.
Dit is nie sigbaar vanaf enige hoofpad nie - dus verskuil
tussen die rante. Dit is 'n myn- en plaasgemeenskap en
word as'n plattelandse dorp beskou.
KONTAKBESONDERHEDE
Straatadres
: Russell Gebou, h/v Park en Presidentstraat
Posadres : Posbus 81, Fochville, 2515
Telefoon/faks : 0187712871
e-pos : fochvillemd@mweb.co.za
AARD
VAN DIENSTE
Sake
wat die meeste voorkom is kinderverwaarlosing, gedragsmoeilike
tieners en armoede.
Ons is die enigste gesinsorgorganisasie in die dorp. Daar
is wel 'n Departementele kantoor.
Dienste
word gelewer in Fochville en Greenspark volgens ooreenkoms
met die staat. Die kantoor word baie goed deur die gemeenskap
ondersteun.

Qure
van Schalkwyk (maatskaplike werker) en Marina de Villiers
(sekretaresse) is die twee personeellede werksaam by Fochville
Maatskaplike Dienste.
|
Fochville
Maatskaplike Dienste se Kerspartytjie verlede jaar
het hierdie twee kinderharte baie bly gemaak.
|
 |
 |
Plaaslike
maatskappy finansier terapeutiese dienste

Master Drilling, 'n plaaslike maatskappy, finansier die
kinder- en gesinsorgterapiedienste in Fochville. Hierdie
kantoor se behoeftige kinders word dan gratis assesseer
en gratis terapie word aan ouers verskaf.
|