NG Welsyn..welsynskantore...Vereeniging
 
 
 

NG Welsyn Vereeniging

KONTAKBESONDERHEDE:

Straatadres:
Hofmeyerstraat 30

Posadres:
Posbus 272
Vereeniging
1930

Tel: (016) 421-4044/5
Faks: 0865093505
E-pos: ngwvereeniging@absamail.co.za

DIENSLEWERING

NG Welsyn Vereeniging is in die sentrale middestad geleë.

NG Welsyn is 'n gesinsorgorganisasie wat hom beywer om aan individue, gesinne, kinders en die gemeenskap 'n diens te lewer, vir optimale maatskaplike funksionering tot eer van God. Die Kantoor se hoofdoel is die herstel van disfunksionele verhoudings en die beskerming van kinders.

Die kantoor hanteer maandeliks 20 tot 30 aanmeldings wat veral die beskerming van emosioneel getraumatiseerde kinders insluit. Hulle moet geplaas word in gekeurde plekke van veiligheid, pleegsorg of 'n geskikte kinderhuis. Hierdie plasings word in oorleg met 'n multi-professionele span gedoen.

In die landelike gebied is die hulpwerker besig met weeklikse programme wat jong tieners, jong moeders met voorskoolse kindertjies, asook 'n vrouegroep insluit. Hul word bemagtig deur programme soos ouerskapsvaardighede, selfbeeld en selfhandhawing, MIV/VIGS-bemagtiging, die skade van alkohol en dagga, asook selfgenerering van 'n basiese inkomste.

Die gemeenskap en veral die NG Gemeentes van Vereeniging is die kantoor positief gesind, deurdat hulle die kantoor finansieel ondersteun maar ook met konkrete goedere wat ons kliënte mag nodig hê in hulle daaglikse maatskaplike funksionering.

PERSONEEL

NG Welsyn Vereeniging het tans een voltydse maatskaplike werker, een deeltydse maatskaplike werker en een Supervisor te hê. Ons hulpwerker is aktief besig om in die landelike gebied baanbrekers werk te verrig onder die armes en mees kwesbaarste persone. Een administratiewe beampte hou die administrasie en finansies in stand.

Personeel:


Vlnr: Elsabé Jordaan (maatskaplike werker), Sanah Ramone (hulpwerker), Marthie van Rensburg (supervisor maatskaplike werker), Rika Spamers (administratiewe beampte) en Sanette Toerien (maatskaplike werker).

     

Webblad ontwerp:: www.coeniecalitz.com E-pos: cjcalitz@lantic.net