NG Welsyn..welsynskantore...Vanderbijlpark
 
 
 

NG Welsyn Vanderbijlpark

KONTAKBESONDERHEDE:

Straatadres:
H/v JJ Smith & FW Reitzstraat
VANDERBIJLPARK

Posadres:
Posbus 282
VANDERBIJLPARK
1900
Tel: 016 981 1044
Faks: 016 981 1046

Epos: ngwelsyn@execnet.co.za

DIENSLEWERING:

NG Welsyn Vanderbijlpark is gedurende 1959 gestig en die dienste is gedurende 1996 na Polokong, `n klein afgesonderde plakkersgemeenskap, uitgebrei. Hierdie kantoor lewer maatskaplike werk dienste aan alle kerke, rasse en kulture wat in die werksgebied woonagtig is:
Afgesien van die individuele gevalle werk wat gelewer word, word die volgende projekte ook aangebied.

Klerekamer/fondsinsamelingsprojek: `n Goed toegeruste klerekamer is ingerig en word deur vrywilligers bedryf. Kliënte van die kantoor ontvang klere gratis, maar buitestaanders betaal wel `n geringe bedrag.

Kosprojek: `n Sopprojek is gedurende die wintermaande begin en word gedurende die somermaande deur `n gekookte maaltyd vervang. Drie ander vrywilligers is met hierdie projek besig.

Kersprojek: Afsonderlike kerspartytjies word in Vanderbijlpark en Polokong gehou omdat die gebied geografiese so verspreid is. Ongeveer 70 kinders van Vanderbijlpark word jaarliks betrek en sowat 50 van Polokong.

Winterhoopprojek: Hierdie projek word in samewerking met die Gemeenskapskas aangebied. Komberse en sweetpakke word aan behoeftige kinders verskaf.

Bemarking: `n Visuele aanbieding word deur `n maatskaplike werker, op versoek van die leraars, in die verskillende kerke aangebied, met baie goeie gevolge.

Groepwerk: Groepe word ook aangebied om pleegouers met die nodige vaardighede toe te rus wat getraumatiseerde kinders vereis.

Ouerskapvaardighede word ook aan ouers gebied, om families te herstel of beter te laat funksioneer.

 

PERSONEEL

Vyf maatskaplike werkers en een administratiewe beampte is verantwoordelik vir die gladde verloop van die kantoor se dienste.


Serena

Serena du Preez is supervisor maatskaplike werker by NG Welsyn Vanderbijlpark.


Leonie

Leonie Lessing verseker dat die administratiewe deel van die kantoor glad verloop.



Anet

Anet Hoof beklee 'n halfdag maatskaplike werkpos. Sy hanteer en verwys ook die nuwe aanmeldings.

 

Drie nuwe maatskaplike werkers is onlangs aangestel:

Archbold Simbabure

Carin Kruger

Joalta Wilkinson

 

 

     

Webblad ontwerp:: www.coeniecalitz.com E-pos: cjcalitz@lantic.net