NG Welsyn..welsynskantore...Roodepoort
 
 
 

Roodepoort

KONTAKBESONDERHEDE:

Adres:
Curriestraat 18
ROODEPOORT

POSADRES:

Posbus 395
ROODEPOORT
1725
Tel: 011 763 5644/5
Faks: 011 766 3660
E-pos: ngwroodepoort@absamail.co.za

DIENSLEWERING:

NG Welsyn Roodepoort is in die vroeë vyftigerjare gestig na aanleiding van die geweldige maatskaplike nood wat as gevolg van die armblankevraagstuk aan die Rand ontstaan het.

Die eerste kantoor was geleë op die perseel van die N G Moederkerk in van Wykstraat Roodepoort. Die kerk is gesloop om plek te maak vir die ontwikkeling van 'n sakekompleks. Vandaar het die kantoor geskuif na Marlin-huis in Van Wykstraat en in 1990 is 'n woonhuis in Curriestraat 18 aangekoop en as kantoorgebou ingerig.

Maatskaplike dienste fokus hoofsaaklik op Kindersorgwerk, veral beskerming van kinders wat verwaarloos, misbruik, mishandel en gemolosteer word of wat geen ouers of voogde het nie. Daar word veral baie kinders in pleegsorg geplaas wie se ouers aan vigs oorlede is.

Onbeheerbare kinders en kinders en volwassenes wat hulle aan dwelmmisbruik skuldig maak, word in toenemende getalle aangemeld. Enige maatsklaplike probleem wat nie deur hierdie kantoor hanteer kan word nie, word na 'n ander geskikte organisasie verwys.

Gemeenskapwerk, veral dagsorgsentrums vir kinders, vaardigheidsprojekte, jeugprojekte en voedingskemas word op groot skaal bedryf. Omdat die NG Welsyn kantoor naby verskeie plakkerskampe asook die kleurlingbuurt, Davidsonville geleë is, is daar 'n geweldige aanvraag vir voedsel. Elke Vrydag ontvang sowat 220 mense kos by 'n sopkombuis in Davidsonville en dieselfde getal mense word maandeliks deur die kantoor van brood en ander voedsel voorsien. Armoede vier hoogty in die onmiddellike omgewing.

     

Webblad ontwerp:: www.coeniecalitz.com E-pos: cjcalitz@lantic.net