|
Randfontein
KONTAKBESONDERHEDE
H/v
Buiten en Stegman Straat
Randpoort
Randfontein
Posbus 3664
Randgate
1763
Telefoon
nommer : (011) 412 1035
Faks nommer : (011) 412 3197
E-pos adres : ngwrandf@mweb.co.za
DIENSLEWERING
NG
Welsyn Randfontein funksioneer in Randfontein, Westonaria
en die omliggende kleinhoewes en informele nedersettings.
Ons het ses opgeleide maatskaplike werkers en een administratiewe
beampte.
Ons fokus hoofsaaklik daarop om die veiligheid van die
kinders van ons werkgebied te verseker en hanteer gevolglik
baie kinderhofsake. Ons het ook 'n gemeenskapswerker wat
die ontwikkeling van noodsaaklike dienste, soos byvoorbeeld
die daarstel van kleuterskole in die informele nedersettings
inisieer.
Die meeste probleme wat ons moet hanteer is die seksuele
misbruik van kinders, gesinsgeweld, die onbeheerbare gedrag
van tieners, armoede asook kinders wat wees agter gelaat
is deur hul versorgers. Ons lewer ook pleegsorg en Gesinsherenigingsdienste.
Ons adviesraad bestaan uit agtien lede en die voorsitter
is Ds. Johan Fourie van die NG Gemeente in Randfontein
Noord.
Ons is diep dankbaar vir vrywillige donasies en helpers
uit die gemeenskap. Sonder hul onbaatsugtige " OMGEE
" sou ons nooit ons enorme taak kan verrig nie. Ons
getuig ook graag van die leiding van ons Hemelse Vader
wat ons telkens verras met wonderwerke in die lewens van
ons kliënte.
Marié
Jordaan is die supervisor maatskaplike werker by dié
kantoor.

Gemeenskapswerkprojekte
Waterkruik-naskoolsentrum
is 'n droom bewaarheid
"Hoeveel
keer loop ons met die witbrood onder die arm en kla
.".
Stap saam met my in by `n naskoolsentrum op `n kleinhoewe
in Randfontein, en ontmoet vir Pauline Mokae.
Pauline
Pelega Mokae het besluit om geestelik uit te reik na die
mense in haar onmiddelike gemeenskap wat in nood verkeer.
Pauline woon op 'n hoewe in Wheatlands wat sy by haar
ma geërf het. Sy het in 2008 'n sopkombuis vanaf
haar huis begin, waar sy ongeveer 50 mense in nood op
Dinsdae en Donderdae gevoed het. Die behoeftiges het 38
kinders ingesluit. Die gratis maaltyd het wel met 'n voorwaarde
gekom - almal moet eers die Bybelstudie bywoon en daarna
word die maaltyd bedien.
Volgens
Pauline het dit vir haar moeilik geword om twee keer 'n
week aan die behoeftiges kos te voorsien en daarom het
sy Emanang Nokeng / NG Welsyn Randfontein in 2009 genader
vir materiële hulp. NG Welsyn kon Pauline bystaan
met voedselprodukte, en Pauline kon in haar goeie daad
volhard.
Pauline het vanjaar 'n nuwe roeping gekry toe sy hoor
dat die slaagsyfer van 2009 aansienlik gedaal het. Baie
van die ouers in die Randfontein informele nedersettings
is ongeletterd, en daarom kan hulle nie hul kinders met
skoolwerk help nie. Pauline het besluit dat sy graag die
leiers van die toekoms wil bystaan en hulle die geleentheid
gee om 'n sukses van hulle skoolloopbaan te maak.
Anglo
Coal, 'n plaaslike maatskappy, het NG Welsyn Randfontein
gedurende Augustus 2009 genader om finansieel betrokke
te raak by 'n volhoubare projek. Nadat hulle 'n besigheidsplan
van haar projek ontvang het, het die maatskappy Pauline
besoek en na deeglike ondersoek befondsing goedgekeur.
Anglo Coal het geld bewillig om Pauline se dubbelgarage
in 'n naskoolsentrum te omskep. Dit het verf, tafels,
stoele, skryfbehoeftes, toilette en speelapparate ingesluit.
Pauline en 'n vrywilliger, Tshidisa Mwale, het op 21 Januarie
2010 'n naskool, NYM (Nkgo Ya Metsi), geopen. Die naam
beteken WATERKRUIK. Die naskool voorsien op weeksdae hulp
aan laerskool- en hoërskoolleerlinge. Die leerlinge
word deur Pauline, NG Welsyn en deur sommige van die skole
geïdentifiseer.
Pauline verskaf elke middag ook 'n bord kos aan die leerlinge.
Maandae en Woensdae word die leerlinge met 'n warm bord
kos bederf, en Dinsdae en Donderdae toebroodjies en sap.
Die
sentrum is nou gevestig, maar maandelikse kosaankope en
petrolonkostes is geweldig hoog en skiet telkens die hoogte
in. Pauline vervoer die kinders in die middae heen en
weer en dit beloop sowat R50 per dag, dus R800 per maand.
Die kos beloop sowat R400 per maand (dit sluit alles in,
van die vleis tot die botter).
Pauline is 'n groot hulpbron in die gemeenskap en vir
van die kinders soos 'n tweede ma. Sy dien ook op NG Welsyn
Randfontein se Adviesraad. Sy het 'n hart van goud, en
sien vir baie kans. Sy is onvoorwaardelik gewillig om
uit te reik en ander te help.
Dit is vir NG Welsyn Randfontein baie belangrik om vir
Pauline te ondersteun om haar droom te bewaarheid. Vir
enige donasies of navrae kan u my gerus kontak by 078
450 6882.
-
Karen Erasmus is maatskaplike werker by NG WELSYN Randfontein
|