|
Meyerton
Kontakbesonderhede
Straatadres:
H/v Lochstraat en Reitzstraat, Meyerton
Posadres: Posbus 115, Meyerton, 1960
Tel: (016) 362 0864
Faks: (016) 362 2315
E-pos: ngwmeyerton@mweb.co.za
Agtergrond
en dienslewering
NG
Welsyn Meyerton lewer sedert April 1979 professionele
maatskaplike dienste aan alle mense in nood, ongeag ras
of geloof. Hierdie kantoor bedien die volgende areas in
Meyerton: Rothdene, Kookrus, Riversdal, Golfpark, Uitbreiding
6, Glen Donald, Koolfontein en 'n gedeelte van Sicelo.
NG
Welsyn beskerm die regte van kinders. Persone met probleme
soos kinderverwaarlosing, mishandeling,gesinskonflik,
drank- en dwelmmisbruik, voedselnood asook MIV/vigs kan
hier berading en terapie kry.
Dienste
fokus op die behoeftes van die gemeenskap en tans word
die volgende projekte geloods om armoede te verlig:
* Voedingskema
* Klere- en kombersprojek
* Sop en broodprojek
Sowat
178 minderbevoorregte kinders kry elke skooldag voedsel
by 'n sopkombuis.
Terapeutiese
groepwerk word aangebied vir persone met dieselfde probleem,
bv ondersteuningsgroep vir pleegouers of 'n ouerleidingsgroep.
Daar
is 'n egter groot tekort aan vrywilligers om bogenoemde
projekte te bedryf of hulp met fondsinsameling te verleen.
Personeel:

Alna Postma (maatskaplike werker)

Stephen
Magubane (maatskaplike werker)

Jacquleen
Jordaan (administratiewe beampte)
|