|
NG
Welsyn Krugersdorp
KONTAKBESONDERHEDE
Straat
adres:
Hoek van Kommissaris en Omega
Krugersdorp
Posadres:
Posbus
603
Krugersdorp
1740
Tel:
011 660 3183
Faks: 011 660 5639
e-pos:
ngw.krugersdorp@nashuaisp.co.za
DIENSLEWERING
Krugersdorp
kantoor bestaan reeds sederd 1947. In die kantoor is daar
geslagte se lêers van talle gesinne uit die bedieningsgebied.
Die grootste gedeelte van die kantoor se werksaamhede
is die beskerming van kinders in die gemeenskap van Krugersdorp
(Mogale City) se landdrosdistrik. Die beskerming van kinders
bied groot uitdagings, spanning en ook trots by die werkers.
Daar word gepoog om die beste diens aan kinders, wat deur
die kinderhof sisteem moet gaan, te lewer. Assessering
van die kinders sowel as hulle ouers, voorbereiding vir
hofverrigtinge, bystand deur die beste regsverteenwoordiging
te versoek, plasings wat die minste ontwrigting en meeste
ontwikkeling bied, asook 'n nasorgdiens wat in hulle beste
belang is.
Die kantoor se sterkpunt is die ondersteuning en bystand
wat elke gemeente in die Ring van Krugersdorp aan die
kantoor bied. Elke predikant se positiewe betrokkenheid
en gesindheid teenoor die kantoor en die personeel is
werklik 'n riem onder die hart.
|