|
SÊ
NOU MY HUISHULP IS MIV+?
Die
MIV en vigs pandemie neem skrikwekkende afmetings
aan. Die media maak ons baie bewus van die probleem en
inligting op radio en in koerante oor die onderwerp is
volop. Wat moet ek en jy egter met al hierdie inligting
maak? Wat daarvan is waar en wat is mites? Die situasie
kan nogal ingewikkeld raak - veral as ons besef so 'n
dodelike siekte is ons midde. Ons dra kennis van MIV en
vigs, maar ons kennis daarvan is beperk. En dan die vraag
wat baie dames vra: "Sê nou my huishulp is
MIV+ of het reeds vigs?"
Mense
reageer verskillend hierop. Party mense wil wéét
of hulle huishulp nie dalk MIV+ is nie. Die rede daarvoor
is meestal omdat jy bang is dat jy of een van jou gesinslede
die virus kan verkry. Veral wanneer die huishulp na jou
kinders help kyk. Dan is dit éérs vir ons
belangrik.
Wanneer ons huishulp siek raak of gewig verloor is ons
geneig om te aanvaar dat die persoon vigs het. Daar bestaan
nie meer regtig vir ons 'n ander rede waarom sy kan siek
wees nie.
Wat is ons vooroordele? Is dit geregverdig? Ten einde
hierdie vraag te beantwoord is dit belangrik om die feite
rakende die Menslike Immuniteitsgebrek Virus (MIV) te
ken.
Hoe
versprei die virus? Die MI-virus word oorgedra op
die volgende wyses:
* Anale, orale of vaginale seksuele omgang (hierdie infekteringswyse
is vir 90% van alle MIV-infeksies verantwoordelik);
* MIV-besmette bloed wat direk na die liggaam oorgedra
word (die hergebruik van spuitnaalde, die gebruik van
iemand anders se skeermeslemmetjie, ens, of deur 'n bloedoortapping)
* van moeder na kind - tydens die geboorteproses of tydens
borsvoeding as die ma MIV+ is.
Hoe
versprei die virus nie? Die MI-virus versprei nie
op die volgende wyses nie:
* Deur eetgerei te deel nie
* Deur nie-seksuele fisieke kontak
* Deur hoes of nies
* Deur dieselfde toilet of stoel te gebruik
* Muskietbyte
Mag
ek my huishulp laat toets ten einde bewus te wees van
haar MIV-status? Nee. U kan haar nie dwing om dit
te laat doen nie. En al doen sy dit hoef sy u nie in te
lig rakende haar MIV-status nie. Wat wel belangrik is,
is om met jou huishulp oor MIV en vigs te praat. Sy moet
weet dat jy verstaan waaroor dit gaan en dat jy nie teen
haar sal diskrimineer indien sy MIV+ is nie. Mense wil
nie hulle MIV-status bekend maak nie omdat hulle bang
is vir diskriminering teen hulle.
Hoe
kan ek dan myself en my gesin beskerm teen infektering
met die MI-virus? Hanteer alle bloed en ander liggaamsvloeistowwe
met handskoene. Indien dit nie beskikbaar is nie, trek
ou inkopiesakke oor jou hande voor jy aan bloed vat. Verminder
die risiko vir enige oordraagbare siektes tussen jy, jou
gesinslede en jou huishulp wedersyds. Neem jou huishulp,
minstens een keer per jaar dokter toe vir 'n deeglike
mediese ondersoek. Gee aan haar 'n voedings aanvuller
wat haar liggaam se immuniteit kan versterk. Gooi 'n klein
bietjie Jik in skottelgoed se afspoelwater en vee werksoppervlaktes
in kombuis met 'n klam lappie wat in Jik water gedoop
is af om te ontsmet.
Wat
kan ek doen om 'n verskil te maak rakende die MIV en vigs
probleem? Ons moet besef dat ons huishulp dalk nie
met MIV infekteer is nie, maar dat sy affekteer word deur
die probleem. Dit beteken dat 'n gesinslid van haar dalk
MIV+ is of vigs het, of dat sy na 'n kind omsien wie se
ouers as gevolg van 'n vigsverwante siekte gesterf het,
of dat bure of vriende van haar dalk MIV+ is of vigs het.
Rus haar dus toe om die situasie te hanteer. Kry by die
plaaslike kliniek of jou naaste Departement van Welsyn
inligtingspamflette rakende die probleem. U kan ook inligtingspamflette
bestel vanaf die Christelike Lektuurfonds (telefoonnommer
051 - 403 8503, webwerf www.clf.co.za).
Hierdie pamflette is ook in Afrika tale beskikbaar.
Hoe
kan ek help as my huishulp of een van haar familielede
vigs het? Dit is belangrik vir mense wat MIV+ is om
gesond te eet. Vars groente en vrugte is dus baie welkom.
Die standaard kospakkie bestaan uit die volgende produkte:
Suiker; langlewe of poeiermelk; rooibostee; Pro-Nutro;
hawermout, mieliemeel; grondboontjiebotter; margarien;
droë bone; ertjies; gort; lensies; sojaprodukte soos
Imana en Toppers, maar nie sterk geure nie; pakkies sop;
"Two-minute Noodles"; en blikkies vis. Toiletware
soos toiletpapier (wat ook as sneesdoekies gebruik kan
word), badseep, sjampoe, Sunlight seep, waspoeier, tandepasta
(mondsorg is baie belangrik) en lyfroom is ook belangrik.
Hulpmiddels vir persone wat reeds baie siek is, en tuis
versorg word is die volgende: Prep; Vaseline; Aqua Room;
Hande- en lyfroom; Handskoene; Gaas; "Linen savers";
Doeke vir volwassenes; Tandeborsels; Tandepasta; Waslappe;
Jik; en Seep. Mense wat siek is kan ook bygestaan word
deur geld te verskaf om die volgende te doen: "Ensure"
aan te koop vir mense wat reeds moeilik eet; vervoer te
kan bekostig na hospitale en klinieke; en die dek van
begrafniskostes.
Die
Christen MIV/vigs Aksiegroep (CMVA)
kan opleiding voorsien rakende die MIV en vigs probleem.
Die lede van die CMVA kan ook genooi word om praatjies
te lewer by byvoorbeeld vrouediensbyeenkomste, selgroepbyeenkomste
en kerkraadsvergaderings. U is welkom om met ds Albert
Horn (018-297 7208), voorsitter van die CMVA te skakel,
of met Heleen Scholtz (082 451 7684), gemeenskapswerkbestuurder
van NG Welsyn. Vir meer inligting kan u die volgende webwerwe
besoek: www.cabsa.co.za;
www.chritians.co.za;
en www. clf.co.za.
Belê in jou huishulp. Dis jou geleentheid om 'n
verskil in die wêreld te maak.

|