Die
Christen MIV/Vigs Aksiegroep het in 2001 ontstaan as 'n
Vigs Werkgroep. Dit is 'n inisiatief van NG Welsyn saam
met vrywilligers uit die Sinodale gebied van Wes-Transvaal.
Die behoefte is later identifiseer om die werkgroep te
formaliseer met sy eie bestuur. Ander kommissies van die
NG Kerk in Wes-Transvaal is ook genooi om 'n inset te
lewer. Hierdie vergadering het plaasgevind op 30 Oktober
2003 en die Christen MIV/Vigs Aksiegroep is gestig onder
voorsitterskap van ds Albert Horn van die NG Gemeente
Mooirivier in Potchefstroom.
Die Christen MIV/Vigs Aksiegroep wil graag die kerk en
breër gemeenskap bewus maak dat MIV en vigs óns
probleem is. Dit is egter nie net 'n probleem nie, maar
ook 'n geleentheid om diensbaar te wees en ons getuienis
as Christene uit te leef en werklik 'n verskil in iemand
se lewe te maak.
Vigsherdenkingsondag
16 Mei 2010
Die
Vigstaakgroep van die NGK en VGK in die Wes-Kaap
het in samewerking met CABSA riglyne opgestel vir
gebruik tydens die erediens op Sondag 16 Mei wanneer
Vigsherdenkingsondag wêreldwyd gevier word.
Hierdie rolspelers is saam met die Christen MIV/Vigs
Aksiegroep van die NG Kerk in Wes-Wesl, deel van
die nasionale MIV/Vigs Forum. U is welkom om ook
enige ander Sondag aan hierdie belangrike saak te
wy.
Ds
Albert Horn is voorsitter van die Christen MIV/vigs
Aksiegroep
CMVA
lede
Voor v.l.n.r. Dr Adrie Roux, ds D Taiwe, ds Arnold Smith
en Heleen Scholtz.
Agter v.l.n.r. Ds Albert Horn, ds Andries van Rooyen
en ds Ben Botha.