NG Welsyn..kinderhuise...catherinerobson
 
 
 

Die Catherine Robson Kinderhuis: Vereeniging

Kontakbesonderhede:

Posadres: Posbus 496
VEREENIGING
1930

Fisiese adres: Joubertstraat 1
VEREENIGING

E-pos: catherinerobson@absamail.co.za
Telno: 016 - 455 1733
Faks: 016 - 421 4609


Algemene inligting

Die Catherine Robson Kinderhuis is geleë in Joubertstraat 1 in die middedorp van Vereeniging. Hierdie tehuis wat aan die NG Kerk behoort, het gedurende die 1950's tot stand gekom om sorgbehoewende kinders in te neem en te versorg.

Die Kinderhuis voorsien 'n tuiste vir 68 kinders tussen die ouderdomme van 4 en 17 jaar. Die Kinderhuis beskik oor 'n afsonderlike Kleuterhuis waar 12 kleuters tussen 4 en 8 jaar versorg word. Die kinders skakel in by plaaslike skole soos die Laerskool Handhawer, Hoërskool Vereeniging, Eureka en Krugerlaan Skool.
Dwaar word in die kinders se normale behoeftes voorsien, naamlik klere, goed gebalanseerde etes, warm beddens en ontspanningsgeriewe soos televisie, 'n swembad en 'n goed toegeruste speelgrond. Geestelik word die kinders aangemoedig om 'n persoonlike vertrouensverhouding met die Here Jesus te hê. Groepwerk en persoonlike gesprekke word deur die maatskaplike werker met die kinders aangebied om die baie hartseer van die verlede aan te spreek en nuwe lewensvaardighede aan te leer.
Al die kinders in die kinderhuis is deur 'n hofbevel aan die Kinderhuis se sorg toegewys, onder meer weens armoede by die ouerhuis, kinderverwaarlosing en -mishandeling, dood van ouers en onvermoë van ouers om verantwoordelikheid teenoor kinders na te kom.
Finansiering deur die Staat beloop ongeveer 65% van die maandelikse bedryfsuitgawes van die Kinderhuis, terwyl 8 % van die NG Gemeentes van die ring van Vereeniging en 27% deur ondersteuners uit die gemeenskap en ander projekte ontvang word. Tans is die koste ongeveer R2 500.00 per maand om 'n kind te versorg.
Die 23 personeellede streef voordurend daarna om 'n normale huislike, warm en liefdevolle omgewing vir die kinders daar te stel sodat hulle in gebalanseerde jong volwassenes kan ontwikkel. Daar word gepoog om 'n gevoel van selfwaarde en trots te skep, ten spyte van die negatiewe agtergronde.
Verskeie gemeentes, individue en besighede van die gemeenskap is trots om met die Kinderhuis geassosieer te word. Belangstellende nuwe vriende van die Kinderhuis word uitgenooi om ons te besoek en betrokke te raak by hierdie mooi instelling van die gemeenskap. Die behoefte aan veral naweek en vakansie-ouers is altyd groot en daarom die uitnodiging om by ons betrokke te raak en 'n verskil in 'n kind se lewe te maak.


Ds. Johan Peyper is die bestuurder by die kinderhuis en kan by tel. (016) 455-1733 gekontak word.

Mnr Hannes Kruger is voorsitter van die adviesraad.


     

Webblad ontwerp:: www.coeniecalitz.com E-pos: cjcalitz@lantic.net