|
ABRAHAM
KRIEL KINDERHUIS: POTCHEFSTROOM
KONTAKBESONDERHEDE:
Posadres:
Posbus 1477
Potchefstroom
2520
Fisiese
adres: Kruisstraat, Potchefstroom
E-pos:
akkh@iafrica.com
Tel:
018 294 5347/8
Faks:
018 294 5384
ALGEMENE
INLIGTING
Abraham
Kriel Kinderhuis Potchefstroom (AKKH) is 'n multi-funksionele
sentrum en een van slegs drie kinderhuise in die Noord-Wes
Provinsie. Die fasiliteit is al sedert 1956 betrokke by
die versorging van sorgbehoewende kinders. AKKH is geregistreer
om 200 gekommitteerde- en tot 75 kinders tussen die ouderdom
0 en 18+ jaar in veiligheidsplek uit die Noordwes Provinsie
voltyds te versorg.
Die inwoners sluit kinders in wat blootgestel was aan
armoede, verwaarwaarlosing, mishandeling, gesinsgeweld
en/of geaffekteer/geinfekteer is deur MIV/VIGS. AKKH voorsien
in hierdie kinders se fisiese-, sosiale-, opvoedkundige-,
kulturele-, godsdiens- en emosionele ontwikkeling.
Die
beskerming en ontwikkeling van kinders is die kern van
ons werk en dring ons om te doen waarvoor ons geroep is.
LEDE
VAN ONS ADVIESRAAD
Ds.
S Brits: Verteenwoordiger van die Ring van die Nederduits
Gereformeerde Kerk van Wes-Transvaal
Dr. Reon du Plooy: Verteenwoordiger van die plaaslike
Nederduits Gereformeerde Kerk en voorsitter van die Raad
Past. I Tsokolubane: Verteenwoordiger van ander Christelike
kerke
Me. P Kriel: Verteenwoordiger van die Ring van die Nederduits
Gereformeerde Kerk van Wes-Transvaal
Ds. W Lamprecht: Gemeenskapsleier
Ds. Anton Mocke: Verteenwoordiger van NG Welsyn: Besturende
Direkteur
Adv. J Pretorius: Voorsitter
Mnr. C Mathekga: Verteenwoordiger van die kliënte
Mnr. B Mokotedi: Addissionele lid
Mnr. C Ntsizi: Gemeenskapsleier
Me. C Saayman: Hoof: AKKH
Me. I Schalbort: Verteenwoordiger van die Dept. Maatskaplike
Ontwikkeling
Me. M Victor: Verteenwoordiger van die vrywilligerskorps
Me. A Yzelle: Verteenwoordiger van die personeel: AKKH
en Sekretaresse

Catharien Saayman is die hoof van die kinderhuis

Adv. Johan Pretorius - Voorsitter van die Adviesraad

Maak
'n verskil in die lewe van 'n kind. Dis 'n geleentheid
om 'n oop kanaal te wees waardeur God se liefde en genade
kan vloei.
Baasdag
2010
Abraham
Kriel Kinderhuis in Potchefstroom het vanjaar weereens
'n spogfunksie aangebied om Baasdag te vier. Tydens die
funksie word die "Baas van die Jaar" gekies
en vanjaar is dr. Emile Kotze, 'n plaaslike algemene praktisyn,
as die gewildste baas aangewys. Die gaskunstenaar, Kurt
Darren, het die sowat 300 mense almal op hul voete gehad
en die aand was 'n groot sukses.


Kurt Darren het almal op hul voete gehad!

Therese Benade en Marcus Miller in 'n vrolike luim. Therese
is die afgelope vyf jaar die Beskermvrou van die kinderhuis.
|