NG Welsyn...gemeenskapswerk...kinderbeskerming
 
 
 

Kinderbeskerming

NG WELSYN BESKERM KINDERS

* Daar word altyd gepoog om voorkomend op te tree deur kinders toe te rus met vaardighede om hulleself te beskerm teen uitbuiting. Daar word in aan probleemgesinne aandag gegee ten einde te voorkom dat dit nodig is om 'n kind uit die sorg van sy / haar ouers te verwyder.
* Ten spyte daarvan is dit egter steeds soms nodig dat 'n saak by die polisie aangemeld word vir verdere ondersoek of dat 'n kind deur middel van kinderhofverrigtinge uit die sorg van sy biologiese ouer(s) verwyder moet word ten einde die kind te beveilig.
* In die jaar 2007/2008 het NG Welsyn 'n totaal van 497 kinders met behulp van die maatskaplike werkers deur middel van kinderhofverrigtinge beveilig.

Klik hier vir meer inligting oor gemeenskapsentrums.

NG WELSYN BEVEG MISDAAD IN ARM GEMEENSKAPPE MET DIE STIGTING EN ONTWIKKELING VAN DAGSORGSENTRUMS

* Kinders uit arm gesinne het nie normaalweg toegang tot dagsorgsentrums nie, aangesien hulle dit nie kan bekostig nie. Die dagsorgsentrum wat deur NG Welsyn ontwikkel en ondersteun word bied dus 'n opvoedings- en ontwikkelingsgeleentheid aan hierdie kinders.
* Kinders word ook so beskerm in 'n land waar kinderverwaarlosing en -mishandeling 'n geweldige probleem is.
* By die dagsorgsentrums ontvang die kinders van Maandag tot Vrydag twee etes per dag. So word wanvoeding en ondervoeding voorkom. Dit voorkom ook dat die kinders hulle na die strate wend om te bedel vir kos en uiteindelik straatkinders word.
* Vroeë tekens van kindermishandeling en -verwaarlosing kan identifiseer en aangespreek word indien 'n kind 'n dagsorgsentrum besoek. Sodanige kinders se welsyn kan ook gemonitor word.
* Indien die versorgers van die kinders dit nie kan bekostig om die kind in plaaslike dagsorgsentrums te plaas nie, speel hierdie kinders dikwels in die straat. Dit maak hulle weerloos en hulle word dikwels betrek by misdaadaktiwiteite - as slagoffer of om te help misdade pleeg. Die feit dat hulle versorgers arm is, maak dit ook maklik vir kriminele elemente om hulle om te koop.
* Die dagsorgsentrums skep ook sekuriteit vir arm kinders in landelike gebiede. In omgewings soos die landelike gebiede van Mooilande by Vereeniging en die landelike gebied rondom Magaliesburg het die kinders nie toegang tot basiese hulpbronne soos openbare telefone en die polisie nie. Dikwels is daar ook nie skole nie. Wanneer hierdie kinders die slagoffers word van misdade teen kinders het hulle dus nêrens om heen te gaan nie - veral nie as die persoon wat die misdaad pleeg byvoorbeeld met die kind 'n huis deel nie. Hierdie kinders kan wel die versorgers by die dagsorgsentrums om hulp nader. Hulle bring dit dan weer onder aandag van die maatskaplike werker.

 

Webblad ontwerp:: www.coeniecalitz.com E-pos: cjcalitz@lantic.net