| UTLWANANG
COMMUNITY CARE CENTRE |
| Utlwanang
Community Care Centre is geleë in Utlwanang, Christiana.
As gevolg van armoede en swak lewensomstandighede kan families
nie in hul kinders se basiese behoeftes voorsien nie. Verskeie
van hierdie kinders en ook weeskinders word hier versorg.
Dit sluit in sowat 30 voorskoolse kinders en 50 skoolgaande
kinders wat elk 'n ligte middagete na skool ontvang. |
 |
 |
 |
 |
|

Vlnr:
Maureen Tsweneagae, Joyce Moorosile van Eskom en Yvonne
Mohapi. Joyce het die kinders ingelig rakende die gevare
van elektrisiteit. Dit rus die kinders toe met lewensvaardighede
om hulleself te beskerm en noodlottige ongelukke te voorkom.
|
 |
| DAGSORGSENTRUMS
IN MAGALIESBURG |
In
Magaliesburg is bestaande dagsorgsentrums identifiseer wat
ondersteun en verder ontwikkel word om hulle kwaliteit van
dienslewering te verhoog. Die maatskaplike werkers het ook
'n Borg-'n-Kind projek begin om hierdie diens toeganklik
te maak vir kinders van families wat uiterste armoede ervaar.
Die volgende dagsorgsentrums is betrokke:
* Maru Kopanang
* Thuto Boswa
* Kings Kids
* Victory
* Mogale Early Learning Centre
'n Totaal van 220 kinders uit 'n armoede geteisterde gemeenskap
word op hierdie wyse versorg. By die dagsorgsentrums word
die kinders beskerm deurdat hulle nie alleen tuis is of
weerloos in die strate ronddwaal waar hulle dikwels die
slagoffer van misdaad word nie. Kinders ontvang twee etes
per dag. Hulle word ook stimuleer ten einde hulle te help
om hulle volle potensiaal te bereik.
|
|
|
|
EMANANG
NOKENG DAGSORGSENTRUM IN POLOKONG
*
Hierdie sentrum vorm deel van die "Polokong community
based care programme." Dit is aanvanklik deur NG
Welsyn begin om die gevolge van die MIV en Vigs pandemie
aan te spreek.
* Kinders word wees gelaat en die gemeenskap gaan gebuk
onder armoede. Kinders wat die slagoffers van misdaad
soos mishandeling of molestering is word ook hier versorg.
* Daar is tans 40 voorskoolse kinders en 10 kinders in
die drop-in-centre in Polokong, asook ses voltydse vrywilligers.
"Die groot uitdaging tans is dat dit steeds nie in
die behoefte voldoen nie. Ons op soek na grond en befondsing
om dalk 'n eie plek op te rig," sê Heleen Scholtz.
Ongelukkig is dit nie oop vir enigeen wat kan betaal nie.
Die kinders word deur die maatskaplike werker en vrywilligers
identifiseer. Slegs behoeftige, weerlose kinders en weeskinders
word akkommodeer. Wat betref die drop-in-centre is die
fokus tans op kinders wat as kleuters ook in die sentrum
was. Die behoefte is egter baie groot en baie kinders
wat kwalifiseer moes al weggewys word.

Agnes
Ngobale, maatskaplike hulpwerker van NG Welsyn Vanderbijlpark,
saam met twee van die kinders by Polokong Dagsorgsentrum.

2009
Polokong-graduandi!
|
|
HUIS
HANANJA
In
2007 het 'n persoon uit die gemeenskap 'n ou huis aan
NG Welsyn Bloemhof geskenk. Die huis is, met behulp van
verskeie donasies uit die gemeenskap, restoureer.
Tydelike huisvesting word reeds aan vroue met kinders
in nood gebied. Vaardigheidsontwikkeling gaan vir werklose
mense daar aangebied word. Programme gaan ook vir kinders
met lees- en leerprobleme aangebied word omdat die ouers
van hierdie kinders nie altyd oor die vermoë beskik
om die kinders te help nie.
 |
Ds
Anton Mocke van NG Welsyn saam met Sarel, een van
die inwoners van Huis Hananja.
|
|
| GEMBOU |
Gem-bou,
in kort Gemeenskapsbou. Die gemeenskap word gebou deur die
gemeenskap om sy volle potensiaal te bereik.
Gembou Aksie kan in baie opsigte as 'n modelprojek van NG
Welsyn gesien word. Toenemende maatskaplike verval het instansies
binne die gemeenskap van Roodepoort reeds in 1995 genoop
om betrokke te raak. Na 'n behoeftebepaling het die sentrum
in dieselfde jaar tot stand gekom. Daar was veral 'n behoefte
om 'n veilige hawe te bied aan behoeftige en getraumatiseerde
kinders. Die aanvanklike versorging van sestien kinders
het gegroei tot 70 kinders wat tans daagliks versorg word.
Hulle ouderdomme wissel van 2 tot 11 jaar.
Gebalanseerde maaltye - in baie gevalle die enigste vir
die dag word voorsien. Opvoedkundige stimulering is deel
van die dagprogram en skoolgaande kinders doen hulle huiswerk
onder toesig.
Vakansieprogramme vir kinders uit die omgewing word aangebied
en die jaarlikse kermis is reeds 'n baie gewilde instelling.
Die sentrum is geleë in Witpoortjie in Roodepoort,
as deel van 201 wooneenhede wat as Groblersrus woonstelkompleks
bekend staan. |
 |
 |
| WAAROM
BETROKKE RAAK BY BESTAANDE INISIATIEWE IN DIE GEMEENSKAP
IN PLAAS VAN NUWE DAGSORGSENTRUMS BEGIN? |
Dit
is belangrik om die gemeenskap te help om self verantwoordelikheid
vir die probleme in die gemeenskap te neem. Sodanige projekte
is ook baie meer volhoubaar as wat 'n instansie van buite
dit sou begin.
Emanang Nokeng Wes-Rand ondersteun hierdie dagsorgsentrum
met onder meer die volgende dienste:
* Opleiding aan kinderversorgers
* Materiële hulp waar nodig (kos, klere en opvoedkundige
speelgoed)
* Hulp met die registrasie van die sentrums en ander bestuurstake
Vir
enige verdere inligting skakel Heleen Scholtz, die gemeenskapswerkbestuurder,
by 082 451 7684.
|