NG Welsyn..gemeenskapswerk...gembou
 
 
 
 
 
Gem-bou, in kort Gemeenskapsbou. Die gemeenskap word gebou deur die gemeenskap om sy volle potensiaal te bereik.
Gembou Aksie kan in baie opsigte as 'n modelprojek van NG Welsyn gesien word. Toenemende maatskaplike verval het instansies binne die gemeenskap van Roodepoort reeds in 1995 genoop om betrokke te raak. Na 'n behoeftebepaling het die sentrum in dieselfde jaar tot stand gekom. Daar was veral 'n behoefte om 'n veilige hawe te bied aan behoeftige en getraumatiseerde kinders. Die aanvanklike versorging van sestien kinders het gegroei tot 70 kinders wat tans daagliks versorg word. Hulle ouderdomme wissel van 2 tot 11 jaar.
Gebalanseerde maaltye - in baie gevalle die enigste vir die dag word voorsien. Opvoedkundige stimulering is deel van die dagprogram en skoolgaande kinders doen hulle huiswerk onder toesig.
Vakansieprogramme vir kinders uit die omgewing word aangebied en die jaarlikse kermis is reeds 'n baie gewilde instelling.
Die sentrum is geleë in Witpoortjie in Roodepoort, as deel van 201 wooneenhede wat as Groblersrus woonstelkompleks bekend staan.
 
     

Webblad ontwerp:: www.coeniecalitz.com E-pos: cjcalitz@lantic.net