|
ARMOEDE
VERLIGTING
DAGSORGSENTRUMS
VERLIG DIE GEVOLGE VAN ARMOEDE
*
Armoede is 'n groot maatskaplike probleem in Suid-Afrika.
Op die webblad www.childrencount.ci.org.za word gemeld
dat in 2005 twee derdes (11.9 miljoen) kinders in Suid-Afrika
in huishoudings met 'n inkomste van minder as R 1,200.00
per huishouding gewoon het.
* Wanvoeding en ondervoeding van kinders manifesteer in
arm gemeenskappe weens die gebrek aan 'n gebalanseerde
dieet. By die dagsorgsentrums ontvang die kinders minstens
twee etes per dag. Die kinders se algemene gesondheid
word ook gemonitor.
* In gevalle waar weeskinders deur grootouers versorg
word, verlig dit ook die finansiële las op daardie
uitgebreide familie.
* Deurdat voorskoolse kinders wat in armoede leef ook
toegang het tot dagsorgsentrums word hulle ook deur middel
van opvoedkundige programme stimuleer om hulle volle potensiaal
te ontwikkel. Skoolgereedheid word so bevorder. Dit voorkom
dat kinders later in hulle skoolloopbaan skool verlaat
omdat hulle skolasties nie voldoende kan vorder nie.
VOEDINGSPROJEK
IN DAVIDSONVILLE
Elke
Vrydag word brood aan 220 arm gesinne uit Davidsonville
aan die Wes-Rand versprei. Vroue in die gemeenskap is
ook verantwoordelik vir die voorbereiding van sop. Die
bestanddele om die sop te maak word deur die NG Kerk Roodekrans
voorsien.
|