|
Gesinsorg
Aannemings
In
die lig van die bepalings van die nuwe Kinderwet wat op
1 April 2010 in werking getree het, sal NG Welsyn ongelukkig
geen nie-openbaarmakende aannemings (waar die mamma en
die aanneemouers mekaar nie ken of ontmoet nie) hierdie
jaar behartig nie.
Baie min babas word deesdae vir aanneming beskikbaar gestel.
Die samelewing se aanvaarding van ongetroude ouerskap
en die ondersteuning wat ongetroude moeders van hulle
ouers en die gemeenskap ontvang versterk die tendens dat
al hoe meer ongetroude moeders hulle babas behou en self
grootmaak. Ons sien selfs veertienjarige dogters wat hulle
babas behou en hulle skoolloopbaan voltooi. Hulle speel
letterlik netbal met die stootwaentjie langs die sportveld.
Enige persone wat babas vir aanneming beskikbaar wil stel
of persone wat om nie-openbaarmakende aanneming aansoek
wil doen, moet liefs by CMR Noord (Noordelike Sinode -
skdbm@mweb.co.za)
of NGBD Sinode Hoëveld (skdbstvl@mweb.co.za)
navraag doen. Kontak gerus ook ABBA in Pretoria (www.abbaadoptions.co.za).
Ons sal wel voorlopig tot einde Maart 2011 aannemings
behartig wat spruit uit bestaande pleegsorgsake of stiefouer
aannemings.
Verdere kennis oor die voortsetting van die diens sal
later gegee word.
Fokus
op die behoeftes van individuele kliënte en gesinne
*
Dienste wat by welsynskantore gelewer word is beskikbaar
vir almal in die breë gemeenskap.
* Die verbrokkeling van gesinne gaan dikwels gepaard met
verskeie maatskaplike probleme soos armoede, die impak
van MIV en Vigs, misdaad deur volwassenes en kinders sowel
as alkohol- en dwelmafhanklikheid.
* NG Welsyn se gesinsbehoudprogram fokus op die gesin
as kerneenheid in die gemeenskap.
* NG Welsyn se doelstelling is om die verbrokkeling van
gesinne te probeer voorkom deur middel van terapeutiese
programme en ander metodes in die maatskaplikewerkpraktyk.
Welsynskantore:
|