|
Bejaardesorg
*
NG Welsyn se 8 tuistes vir bejaardes en 1 dienssentrum
lewer omvattende professionele bejaardesorgdienste.
* Dienste fokus dus veral op die behoeftes van verswakte
bejaardes uit alle bevolkingsgroepe wat op 'n 24-uur basis
deur professionele verpleegpersoneel versorg word.
* Selfversorgende, ekonomies onafhanklike bejaardes word
ook bykomend geakkommodeer in woonstelle of kamers.
* Waar die infrastruktuur dit toelaat word verswakte,
volwasse fisiek gestremdes ook opgeneem.
* Sommige tehuise beskik oor afdelings vir demensie siektes
soos Alzheimer.
* Tydelike versorgingsdienste word ook onderneem, bv ná
hospitalisasie of tydens gesinsvakansies.
* Daar is ook tehuise wat 'n dagsorgdiens bedryf vir bejaardes
wat by familie inwoon maar wat heeldag werk
* Sommige van die tehuise het ook uitreikprogramme na
die breë gemeenskap, byvoorbeeld voedingsprogramme,
kliniekdienste, tuisversorgingsdienste en sommige het
bemagtigingsprogramme waardeur vroue in behoeftige gemeenskappe
opgelei word in vaardighede sodat hulle 'n inkomste vir
hulle eie gesinne kan genereer. Dit lei soms ook tot werkskepping
binne hierdie gemeenskappe.
|