NG Welsyn..bestuur & personeel...direksie
 
 
 

Direksie

Die Direksie vergader kwartaalliks in Potchefstroom, waar die vinger op die pols van NG Welsyn gehou word. Elke lid van die Direksie verteenwoordig 'n bepaalde streek binne die Sinode van Wes-Transvaal of 'n besondere diensterrein waarin hy of sy spesialiseer.
Die vyf lede van die Sinodale Kommissie vir die Diens van Barmhartigheid (SKDB) vorm ook die ledevergadering en die Direksie van NG Welsyn.

Die volgende persone dien op die Direksie van NG Welsyn:
Vlnr voor: Ds Bok J van Rensburg (Vaaldriehoek), ds Anton Mocke (Besturende Direkteur) en mev Shirley Theron (welsynsbestuurder: adviserend).
Agter: Ds Fanie du Plooy (ondervoorsitter en Potch-Kosh), mnr Anderton Smith (finansiële bestuurder: adviserend), adv Johan Pretorius (regskundige), ds Ben Botha (Platteland-streek), ds Andries van Rooyen (Wes-Rand) en ds Coenraad Smit (voorsitter).


Inlas: ds Nico van Rensburg, Predikant Sinodale Bedieninge, was afwesig tydens die neem van die foto. Prof Anton du Toit (GR/CA) dien sedert 9 November 2009 as finansiële kundige op die Direksie van NG Welsyn.


Ds Fanie du Plooy (links) is die ondervoorsitter van die Direksie, saam met di Anton Mocke en Coenraad Smit (voorsitter).

     

Webblad ontwerp:: www.coeniecalitz.com E-pos: cjcalitz@lantic.net