|
Wolmaransstad
tehuis vir bejaardes
KONTAK
BESONDERHEDE:
Straatadres:
Kokstraat 58
Wolmaransstad
2630
Posadres:
Posbus 417
Wolmaransstad
2630
Telnr : 018-5961159
Faksnr : 018-5962939
e-posadres : wolmarans@telkomsa.net
DIENSLEWERING
Die hoeksteen van die Tehuis is op 17 September 1980 gelê. Die Tehuis lê aan die kant van die dorp en was aanvanklik onder beheer van die plaaslike NG Gemeente voordat dit ‘n tak van NG Welsyn Noordwes geword het.
Die Tehuis bestaan uit enkelkamers met gedeelde badkamers (vir persone wat nog na hulself kan omsien) asook dubbelkamers en vierbedkamers vir die inwoners wat hulp benodig sowel as verswakte bejaardes. Die Tehuis kan 89 inwoners akkommodeer, maar okkupasie beloop gewoonlik sowat 73 persone.
Die ses enkelkamers met ‘n eie badkamer (stort, wasbak en toilet) is in groot aanvraag. Losiesgeld beloop R3 930 per maand (tot en met April 2012) en sluit verblyf , alle etes, wasgoed, ’n veilige omgewing asook ‘n 24-uur mediese bystanddiens in. Persone wat nie meer na hulself kan omsien nie en aan sekere inkomste vereistes voldoen, kan vir staatsubsidie kwalifiseer .
Die kantoor is baie aangewese op fondsinsameling en geniet goeie ondersteuning van vrywilligers en die kerkgemeenskap. ‘ n Baie gewillige span, onder leiding van suster Roline Kotzee, bak heerlike eetgoed vir ‘n ekstra inkomste. Pannekoek, worsbroodjies, sosaties, kerrie en rys en hamburgers word elke Vrydag plaaslik afgelewer.
Die predikante van die plaaslike NG Kerk, NH Kerk asook Gereformeerde kerk, dien almal op die Tehuis se Adviesraad terwyl predikante van ander denominasies hulle gewig ingooi by die aanbied van aandgodsdiens. Die plaaslike susterskerke, en veral die Vroueverenigings, is baie betrokke by geleenthede wat vir die bejaardes aangebied word, en kuier gereeld gesellig met lekker eet-en drinkgoed. Ook die VLU-dames en die ATKV bied van tyd tot tyd byeenkomste aan.
Vir enige verder inligting skakel gerus die bestuurder, mnr Schalk Hoon.

Mnr Schalk Hoon is gedurende 2008 as die bestuurder van
die tehuis aangestel.


|