NG Welsyn..bejaardes...Meyerton
 
 
 

Huis Meyerton

BESTUURDER: Christo Geyer
Tel nr.: (016) 362 0045
Selnr.: 084 884 4098

ADVIESRAADLEDE

VOORSITTER: Ds Johan du Plooy Tel nr.: (016) 362 2110
ONDERVOORSITTER: Mnr Andre Mellet
LEDE: Ds Johan Bester
Ds Roelf de Wet
Mnr Edwin Jordaan
Me Margaret Kennedy

FISIESE ADRES: Shippardstraat 32
MEYERTON
1961

ALGEMENE INLIGTING

HUIS MEYERTON, 'n geregistreerde Tehuis vir Bejaardes van NG Welsyn is in 1981 gestig en bestaan dus reeds 28 jaar lank. Dit is 'n bekende baken baie na aan die sakekern van Meyerton.

Die Tehuis bestaan uit 'n aftree-oord met 64 een-en tweeslaapkamerwoonstelle waar 86 bejaardes selfstandig op hul eie woon. In die Tehuis self woon 95 verswakte bejaardes wat versorg word en ook mediese versorging ontvang. Betrokkenheid van die gemeenskap, plaaslike leraars, geneeshere en apteke maak dit moontlik om 'n kwaliteitdiens aan die 95 inwonende bejaardes te lewer. Plaaslike skole en kleuterskole sorg voortdurend vir vermaak en vrouedienste van gemeentes bederf gereeld inwoners met allerlei lekkernye.

Verskeie georganiseerde aktiwiteite word gereeld vir die bejaardes gereël en sluit onder andere gereelde weeklikse bidure en eredienste op Sondae, boekvoorlesing, ligte liggaamsoefening, kaartspel, dominos en optredes van informele sanggroepe in

Die Komitee van die Aftree-oord help op 'n gereelde baises met fondsinsamelingsprojekte terwyl een bejaarde man met kleiner onderhoudswerk en die lees van elektrisiteitsmeters help. 'n Bejaarde inwoner, in die Tehuis het ook eienaarskap aanvaar om op 'n gereelde basis die eende by die eendedam op die terrein kos te gee. Die bejaardes is 'n baie gelukkige familie en verwys altyd na Huis Meyerton as "hulle huis"!

Huis Meyerton is 'n baie gewilde aftree-oord en daar bestaan 'n lang waglys om plek te bekom. Dit neem gemiddeld tussen 1 - 3 jaar op die waglys voordat bejaardes geholpe raak.


Mnr Christo Geyer is die bestuurder van Huis Meyerton.

 

Huis Meyerton vier Wêreldbiddag vir Vroue

Tema: Alles wat asem het, loof, loof die Heer!

Wat 'n wonderlike voorreg om weereens deel te wees van die wêreld se gelowige vroue om saam ons Hemelse Vader te loof en prys.
Huis Meyerton se dames en asook inwoners van die aftree-oord het besluit om self op eie inisiatief die biddag op 5 Maart vanjaar waar te neem. Anna Eloff het met groot dankbaarheid die 80ste herdenking van die Wêreldbiddag vir die Vroue van ons land waargeneem.
Die biddag is deur die Wêreldbiddagkomitee van Kameroen voorberei. Sowat 60% van Kameroen se kerklidmate is vroue, daarom die baie spesiale voorreg dat Huis Meyerton se inwonende vroue spontaan na vore gekom het. Sodoende kon ons deel wees van die wêreld se Christen gelowige vroue en saam vir die wêreld se nood bid.


As beeld van die lig van die Biddag het 10 dames kerse aangesteek, waarna tannie Marthie Olivier, die tehuis se oudste inwoner (99 jr,) die eerste kers aangesteek het.


     

Webblad ontwerp:: www.coeniecalitz.com E-pos: cjcalitz@lantic.net