|
Luipaardsvlei
tehuis vir bejaardes, Krugersdorp
KONTAKBESONDERHEDE:
Luipaardsvlei
Tehuis vir Bejaardes
h/v Hompesstr/Chamdorweg
Lewisham
Posbus 4043
Luipaardsvlei
1743
Tel:
011 955-2108/9
Faks: 011 955-3657
luiptvb@mweb.co.za
DIENSLEWERING:
Die
versorgingsafdeling van die Tehuis huisves 106 pasiënte.
Afsonderlike afdelings bied verskeie dienste wat wissel
van persone wat slegs hulp benodig met onder andere bad
of aantrek, tot bedlêende- en Alzheimerpasiënte.
Uitstekende 24-uur verpleegsorg, gebalanseerde etes en
maatskaplike dienslewering verhoog die gewildheid van
die Tehuis. Daar is deurlopend 'n waglys vir aansoekers.
Bekostigbare
selfsorg eenhede huisves 104 inwoners, baie van wie nog
'n eie tuintjie onderhou. Groepies van hierdie dames help
met fondswerwing deur die bak van vetkoek, koeksisters,
pannekoek, beskuit, ens. Ander maak uitrustings op bestelling
in 'n volledig toegeruste naaldwerkkamer, of brei en hekel
die mooiste artikels vir verkoop. Ouderdomme van hierdie
helpers wissel van 60 tot 97!
Die
Tehuis se saal is 'n gesellige bymekaarkomplek vir kerkdienste,
begrafnisse, konserte, onthale, gesinsetes, speletjies
en vele meer. Ons spog ook met 'n koffiehuis en lapa,
biblio-, dvd- en legkaart-teek, asook groot grasperke,
pragtige tuine en baie bome met 'n enorme verskeidenheid
voëls. Die hele terrein is mensvriendelik met geen
trappe of verdiepings nie.
As
nie-winsgewende organisasie is finansies altyddeur 'n
knyp-situasie maar met die genade van die Here, harde
werk met fondswerwing en die goeie guns van 'n aantal
kerke in die omgewing is ons in staat om behoeftige ouer
persone 'n veilige tuiste te bied.
Me.
Grietha Botes is die bestuurder van die tehuis en kan
by bogenoemde nommer gekontak word.
ADVIESRAAD
Ds
Anton Mieny, Voorsitter ( 011 953-5978)
Mnr Johann Gresse, Visevoorsitter & Ombudsman
Ds Muller Oosthuizen, Ring van Roodepoort verteenwoordiger
Mnr Amos Mphomela, Gemeenskapsverteenwordiger
Mnr Adries Lebakeng, Gemeenskapsverteenwordiger
Mev Dorie van Wyk, NG Kerk Luipaardsvlei verteenwordiger
Mev Petro Kruger, Familieverteenwoordiger
Mev Ria Janse van Rensburg, Inwonersverteenwoordiger
Sr C Sequeira, Personeelverteenwoordiger
Mev E Rossouw, Maatskaplike verteenwoordiger
Mev Shirley Theron, Hoofkantoorverteenwoordiger

Grietha
Botes is die bestuurder van Luipaardsvlei Tehuis vir Bejaardes.



Die jaarlikse 'fancy dress' is maar een van die talle
aktiwiteite waaraan inwoners deelneem.
|