NG Welsyn..bejaardes...Koster
 
 
 

KOSTER TUISTE VIR BEJAARDES

Kontakbesonderhede:

Adres:
Malanstraat 51
Koster
0348

Posadres:
Bus 127
0348

Tel no/faks: 014 543 2052/3
Koster E-pos: kostertvb@telkom.net

Algemene inligting:

Koster Tuiste vir Bejaardes in die Noordwesprovinsie is 'n klein, rustige plattelandse dorpie wat hoofsaaklik uit boerdery en 'n paar besighede bestaan. Die naaste groot dorp aan ons is Rustenburg.
Die Tuiste bestaan reeds vanaf 1 November 1984. Hier is 3 afdelings waar ons 55 inwoners versorg. Gange A en B is selfversorgingseenhede en in gang C versorg ons 20 hulpbehoewende bejaardes.
Vir u gemak en gemoedsrus sluit losies die volgende in:
3 Gebalanseerde maaltye per dag
Koffie en tee tye
Wasgoed word vir u versorg
Skoonmaakdienste
24 uur Verpleegsorg

Ons het 14 woonstelle vir totaal onafhanklike bejaardes. Die inwoners word deur die verpleeg- personeel besoek en een keer per week besoek die hoofverpleegkundige hulle ook.
Die gemeenskap is baie betrokke by die Tehuis. Elke Vrydag beman een van die kerke se susters die haarsalon. Hier word ook gereeld koek-en-tee deur ons gemeenskap en somminge instansies bedien. Selfs ons skool sit ook van tyd-tot-tyd 'n handjie by om ons bejaardes te vermaak en bederf.
Die bestuurdervan die tehuis is suster Katinka Botha.

In 'n ligte luim saam met ds Anton Mocke. Katinka Botha is sedert April 2008 die bestuurder van Koster Tehuis vir Bejaardes.

 

Webblad ontwerp:: www.coeniecalitz.com E-pos: cjcalitz@lantic.net