|
Klerksdorp
Tehuis vir Bejaardes
KONTAKBESONDERHEDE:
Adres:
Rosinstraat 6
Freemanville
Klerksdorp
2571
Tel:
018-462 5638 / 018-464 1822
Faks: 018-464 2756
E-pos:
klerksdtvb@mweb.co.za
ALGEMENE
INLIGTING
Klerksdorp
Tehuis vir Bejaardes is 'n tuiste waar elke bejaarde veilig
en gelukkig sy of haar aftreejare kan geniet. Die Tehuis
kan 67 gesonde, 21 demensie en 25 verswakte inwoners huisves,
dus 'n totaal van 113 bejaardes.
Die
Tehuis beskik ook oor 'n aantal fasiliteite wat onder
andere 'n snoepie en haarsalon insluit. Kerke in die omgewing
is ook baie aktief betrokke by die Tehuis en besoek inwoners
gereeld. Daar vind sowat drie kerkdienste per week in
die Tehuis se ruim ontspanningsaal plaas.
Die
Tehuis beskik oor 24-uur sekuriteit en 'n puik verpleegafdeling.
Vir
enige navrae oor verblyf kan die bestuurder, mnr Johan Meyer, gekontak word.
|