NG Welsyn..bejaardes...Jeugland
 
 
 

Jeugland bejaardesorgdienste (Vanderbijlpark)

KONTAKBESONDERHEDE:

Jeugland Bejaardesorgdienste
Conan Doylestraat 10, SW1
Posbus 59,
VANDERBIJLPARK 1900

Tel/Faks: 016-933 3995
e-pos: jeugland@iburst.co.za

DIENSLEWERING:

Jeugland bejaardesorgdienste, Vanderbijlpark bied die volgende dienste aan seniors:

* Versorging aan 131 seniors in die Jeugland Tuiste vir Bejaardes en NG Sentraal pastorie.
* Huurverblyf aan gesonde seniors in drie ander woonhuise
* Lewensreg akkommodasie aan seniors in die Kiewietsnes Aftree-oorde
* Alzheimer adviesdiens aan versorgers in die gemeenskap
* Dienssentrum vir seniors in die gemeenskap
* Busuitstappies met luukse Marcopolo bus (23 sitplek)


Adviesraadslede van Jeugland tydens ‘n viering vir Internasionale Dag vir verpleegpersoneel
V.l.n.r Harm Kruger (bestuurder), ds Johan Dorfling (plaaslike leraar), Kevin Bishop (dienssentrum), Lydia Rodseth (o/voorsitter) en Bert van den Heever (voorsitter).


Kiewietsnes Aftree oord



Jeugland ingang


Verpleeg- en ander personeel tydens ‘n Internasionale Dag vir verpleegpersoneel


Bejaardes tydens ‘n lentedagfunksie

 

Gemeenskapsaal word 'n werklikheid

Jeugland Bejaardesorgdienste in Vanderbijlpark het onlangs 'n vierde groot bouprojek voltooi. Danksy fondse van die Nasionale Lotery is 'n ou saal naby die tehuis in 'n pragtige nuwe gemeenskapsaal omskep. Volgens mnr Harm Kruger, bestuurder van die Tehuis en die dryfkrag agter die bouprojek, is die saal die eiendom van Jeugland, maar het geld vir herstelwerk om die gebou op te knap na die onmoontlike gelyk. Die saal het lank leeg gestaan en is erg deur plunderaars beskadig. Toilette, wasbakke en vensters is gebreek om die metaalwerk te verwyder en die dakke van aangeboude vertrekke het ook nie by die bestaande oorkoepelende dak aangesluit nie. Volgens die bestuurder was heelwat van die Kiewietsnes Aftree-oorde se inwoners saam met Jeugland tehuis se personeel betrokke by die saal se herstelwerk.

Die saal is op 13 Augustus amptelik in gebruik geneem tydens NG Welsyn se Gesin- en Bejaardesorg takke in Vanderbijlpark se jaarvergadering. Sowat 120 persone het die funksie bygewoon.

Mnr Gert Scheepers, 'n inwoner van Kiewetsnes Aftree-oord, het die toesigwerk gedoen.

Vlnr: Mnr Harm Kruger, bestuurder van Jeugland Bejaardsorgdienste saam met mnr Bert van den Heever, Voorsitter van die adviesraad en ds Anton Mocke, Besturende Direkteur van NG Welsyn tydens die opening van die nuwe saal.

Webblad ontwerp:: www.coeniecalitz.com E-pos: cjcalitz@lantic.net