NG Welsyn..bejaardes...Japie Kritzinger
 
 
 

Japie Kritzinger (Bloemhof)

ADRES:

MALHERBESTRAAT 20,
BLOEMHOF 2660.
Telefoon: 053 433 1403
Faks : 053 433 0044/086 5165 883
E-mail : japiektvb@iafrica.com

DIENSLEWERING:

Japie Kritzinger Tehuis vir Bejaardes se deure is op 1 Mei 1975 geopen. Geleë in ‘n rustige, plattelandse omgewing bied die Tehuis die volgende omvattende diens aan senior burgers:

  • Bekostigbare, veilige verblyf;
  • 24-uur professionele verpleegsorg;
  • Skoon en ruim kamers wat maklik binne bereik van die eetsaal, badkamers en ontspanningsaal is;
  • Alle etes, skoonmaakdienste en versorging van wasgoed;
  • Bejaarde-vriendelike gange en beweegruimtes. Geen trappe of verdiepings nie;
  • Vriendelike, behulpsame en opgeleide personeel.
  • Sosiale aktiwiteite sowel as professionele geestelike en emosionele versorging van ons inwoners.
pic
Ons bestuurspan: (Agter vlnr) Gesie Meuter (Snr Kookster), Sr Hannetjie Barnard (Hoofverpleegkundige), Ingrid Knoetze (Bestuurder). (Voor vlnr) Poppie Kleynhans (Toesighouer) en Louretta Dunhin (Admininstratiewe Beampte).

 

pic

Lowergroen tuine omring die Tehuis

 

pic

Die lapa verskaf heerlike kuierplek vir ‘n vleisie op die kole, saamkuier en met familie en vriende ontspan!

 

pic

Woonstelhuurders, inwoners en vrywilligers gooi gesamentlik hul gewig in by fondsinsamelingsprojekte.

 

pic

Ons manne geniet smiddae ‘n potjie snoeker!

 

pic

Die dames besig met ‘n rustige laatmiddag potjie kaart!


     

Webblad ontwerp:: www.coeniecalitz.com E-pos: cjcalitz@lantic.net