NG Welsyn...tuisblad
 
 
 
GELOOF, HOOP EN LIEFDE IN AKSIE!

NG Welsyn Noordwes en Gauteng is die geregistreerde welsynsorganisasie van die NG Kerk se Sinode van Wes-Transvaal.

Wie en wat is NG Welsyn?

* NG Welsyn is 'n welsynsorganisasie wat iets van God se liefde aan mense in nood wil uitdra.
* Ons lewer professionele maatskaplike en welsynsdienste in die provinsies van Noordwes en Gauteng aan alle mense, ongeag ras, geloof of geslag.
* Ons lewer 'n omvattende kinder- en gesinsorgdiens, bejaardesorgdiens en gemeenskapswerkdiens.
* NG Welsyn werk met gesinsprobleme soos armoede, MIV/Vigs en dwelmmisbruik, asook kinderverwaarlosing en -mishandeling en bied ook residensiële sorg aan kinders en bejaardes.

* Ons is 'n geregistreerde Maatskappy (ingelyf onder Artikel 21), 'n geregistreerde Welsynsorganisasie (Art 13, Wet 110/1978) sowel as 'n Organisasie sonder Winsoogmerk (NWO Wet 71/1997).

Teken in op nuusbrief
Maak 'n donasie
Roetekaart
Kanselleer nuusbrief
Kinderhandel

NG Kerk Wes-Tvl

Gesinsorg-takke
Bloemhof
Carletonville
Christiana
Fochville M/D

Koster
Klerksdorp

Krugersdorp
Lichtenburg

Meyerton
Potchefstroom

Randfontein
Roodepoort
Schweizer-Reneke

Vanderbijlpark
Vereeniging
Wolmaransstad
Zeerust

Kinderhuise
Abraham Kriel Kinderhuis, Potchefstroom
Catherine Robson Kinderhuis, Vereeniging

Tuistes vir bejaardes
Japie Kritzinger, Bloemhof
Klerksdorp
Koster
Silwerjare, Schweizer-Reneke
Wolmaransstad
Luipaardsvlei, Krugersdorp
Meyerton
Jeugland, Vanderbijlpark

Gemeenskapswerk
Gemeenskapsentrums
Kinderbeskerming
Armoedeverligting

MIV en VIGS

Vigsherdenkingsondag

Visie:

Die optimale funksionering van die individu, familie en gemeenskap tot eer van God.

Missie:

NG Welsyn is daartoe verbind om 'n omvattende professionele welsynsdiens te lewer.

Credo:

Geloof, hoop en liefde in aksie.

Wes-Transvaal in AKSIE

NG Welsyn is die NG kerk in Wes-Transvaal in aksie. Die Sinodale Kommissie vir die Diens van Barmhartigheid is die sinode se venster op barmhartigheid en maatskaplike welsyn. Die SKDB werk deur NG WELSYN NOORDWES, die Sinode se geregistreerde welsynsorganisasie.

Professionele maatskaplike welsynsdienste word in die provinsies van Noordwes en die suidwestelike deel van Gauteng (Vaal-Driehoek en Wes-Rand) gelewer. Ons lewer 'n diens aan alle mense, ongeag ras, geloof of geslag. NG Welsyn bied 'n goed gevestigde infrastruktuur met 'n bekwame personeelkorps van sowat 600 mense deur 16 welsynskantore (gesinsorg), 8 tehuise vir bejaardes, 2 kinderhuise en verskeie gemeenskapsentrums, asook 2 dienssentrums vir bejaardes.

Web stats powered by en.superstat.info

Webblad ontwerp:: www.coeniecalitz.com E-pos: cjcalitz@lantic.net